Gesin brand in hut dood

iStock_000009800151XSmall1-300x199ʼn Gesin van vier is Sondagoggend dood nadat hulle plakkershut in Stormsrivier in die Oos-Kaap afgebrand het.

Ao. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, sê twee volwassenes, in hul 30’s, en ʼn agtjarige meisie en ʼn vier maande oue baba het doodgebrand. Swart sê die brand het omstreeks 3:00 Sondagoggend uitgebreek. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dinknet ·

My ouma het altyd gesê sy wil nie doodgaan met n “ver-” vooraan nie……. Vermoor,verbrand,verdrink,versmoor,verwurg,verongeluk,daar is so baie! Ek stem saam! Dit moet verskriklik wees…….

vuurvreters ·

Dink net dink jy nie dis moontlik dat hulle vermoor is en die moordenaars die plek aan die brand gesteek het nnie. Dan is daar mos nie bewyse nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.