Gesin ernstig beseer na bok oor pad hardloop

‘n Gesin van drie is ernstig beseer nadat hulle motor gerol het tussen Dalton en Wartburg in KwaZulu-Natal nadat die bestuurder van die motor uitgeswaai het toe ‘n bok oor die pad gehardloop het.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die motor het op sy dak te lande gekom. Die insittendes is deur omstanders en familielede uit die wrak van die motor gehaal. Banks sê die man en twee vroue het nek- en rugbeserings opgedoen en is na die Pietermaritzburg Medikliniek geneem vir verdere behandeling. Banks sê die gesin was glo op pad na die hospitaal om die man vir mediese behandeling te neem toe die ongeluk plaasgevind het. Hy sê nat weersomstandighede en swak sig het moontlik ʼn rol gespeel in die ongeluk.

In nog ʼn voorval is ʼn sebra-kalfie dood nadat dit deur ʼn bakkie getref is op die N4 tussen Witbank en Middelburg. Banks sê die sebra het glo uit die veld gekom en in die passasiersdeur van die bakkie vasgehardloop. Die bestuurder van die bakkie is nie beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.