Gesin in Limpopo-botsing uitgewis

ʼn Gesin van drie is Saterdag dood nadat die voertuig waarin hulle gereis het, naby Polokwane teen die agterkant van ʼn vragmotor gebots het.

Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het sowat 40km buite Polokwane op die N1-snelweg plaasgevind.

“Die ma, pa en hul 4-jarige dogtertjie is op die toneel dood verklaar. Die ma se liggaam moes uit die voertuigwrak gesny word,” het Banks gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.