Vyf lede van ʼn gesin is dood en twee kinders in die hospitaal opgeneem nadat hulle Maandag op ʼn plaas naby Bothaville vergiftig is.
ʼn Man, sy vrou en haar suster en twee kinders het op die grond bly lê. “ʼn Buurman het die polisie ontbied nadat die gesin nie wou ophou vomeer nie,” het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, gesê. “Daar was gif in hulle kos.”
Twee kinders, ʼn babatjie en ʼn 10-jarige, is na die Nala-hospitaal in Bothaville geneem.
Die man en vrou het glo Vrydag begin stry toe die 30-jarige man by die vrou se 16-jarige sussie aangelê het.
Die polisie sal ʼn geregtelike doodsondersoek doen.
Two-Step ?
Ja, dit was Two-Step. Vanoggend op die nuus.Dis darem baie wreed.