Gesin sterf in botsing

iStock_000015602916XSmall91-320x212Ses gesinslede is Sondag dood nadat ʼn vragmotor reg van voor teen hulle motor gebots het op die N2 in Honey Farm buite eMpangeni in KwaZulu-Natal.

Kwanele Ncalane, woordvoerder van die provinsiale verkeersdepartement, sê een van die vragmotor se bande het glo gebars waarna die bestuurder beheer verloor het en die vragmotor reg van voor teen ʼn VW Jetta gebots het. Ncalane sê al ses insittendes van die Jetta is op die toneel dood verklaar. Hy sê die ses oorledenes is glo almal van dieselfde gesin. Willies Mchunu, LUR vir vervoer in KwaZulu-Natal, het ʼn beroep gedoen op motoriste om veilig te ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Paul Smith ·

Ai “gert” jou gevolgtrekking verklaar sommer die vragmotor eienaar skuldig. Het jy ‘n motor? Ry jy met hom? en het daar nooit ‘n wiel pap geword terwyl jy gery het nie? Is jy dan so volmaak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.