Ses gesinslede is Sondag dood nadat ʼn vragmotor reg van voor teen hulle motor gebots het op die N2 in Honey Farm buite eMpangeni in KwaZulu-Natal.
Kwanele Ncalane, woordvoerder van die provinsiale verkeersdepartement, sê een van die vragmotor se bande het glo gebars waarna die bestuurder beheer verloor het en die vragmotor reg van voor teen ʼn VW Jetta gebots het. Ncalane sê al ses insittendes van die Jetta is op die toneel dood verklaar. Hy sê die ses oorledenes is glo almal van dieselfde gesin. Willies Mchunu, LUR vir vervoer in KwaZulu-Natal, het ʼn beroep gedoen op motoriste om veilig te ry.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Baie Tragies
Onbekwame bestuurders met onpadwaardige trokke natuurlik !!!!