Gesin sterf in gru-ongeluk

Foto: www.looklocal.co.za

Michael Priebe (49), sy vrou Kim (48) en hulle twee seuns Russell (23) en Gerard (21), is in ʼn gru-ongeluk dood terwyl hulle op pad was met vakansie.

LookLocal berig die gesin was Vrydagmiddag op pad na God’s Window vir die naweek toe die ongeluk buite Sabie plaasgevind het. Die gesin is van Benoni aan die Oos-Rand. Volgens Otto Mohr, ʼn ooggetuie, het ʼn ander motor teen ʼn hoë spoed teen die Priebe’s se voertuig gebots. Die bestuurder van die motor is ook in die ongeluk dood. Die Priebe’s se motor het aan die brand geslaan en ondanks pogings deur omstanders om die vlamme te blus het die vier lede van die gesin onherkenbaar verkool. Die Priebe’s gesin sal op 4 September begrawe word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.