Gesin van drie sterf by waterval

Argieffoto van ‘n waterval

‘n Gesin van drie is dood nadat hulle 30m ver by die Rietfontein-waterval in Mpumalanga geval het.

Pieter en Adele Prinsloo, die ma en pa, wat al van skooldae af in ‘n verhouding is, en hul enigste dogter, Shanté (13), was met vakansie toe hulle die rivier bo die waterval probeer oorsteek het. Die ongeluk het Vrydag op ‘n plaas 5km buite Sabie plaasgevind, berig Beeld. Die gesin, van Benoni, het glo hand aan hand gestap toe een persoon glo gegly, en veroorsaak het dat al drie 30m ver teen die rotse afgetuimel het.

‘n Plaasarbeider het die ma se liggaam laatmiddag raakgesien. Die polisieduikers het die dogter se liggaam teen middernag opgespoor. Die pa se liggaam is Saterdag opgespoor. Hulle het almal ernstige kopwonde opgedoen.

Karen Steyn, die pa se niggie, het gesê hulle het saam gesterf, “want een sal nie sonder die ander kon klaarkom nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.