Gesin verloor alles in Kersfeesboom-brand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gesin van Hemet in Los Angeles het hul huis en al hul Kersgeskenke verloor nadat liggies op hul droë Kersboom ʼn vonk gemaak en ʼn brand veroorsaak het.

Die familie is Maandag deur die Rooikruis by ʼn hotel ingeboek en brandbestryders het geskenkbewyse van $500 (R5 000) van Sears en Kmart aan die gesin van sewe oorhandig, berig Riverside Press Enterprise. Bure het glo ook talle items geskenk.

Die brand het Vrydagaand by Juan en Irma Alvarado se mobiele huis uitgebreek. Hul vyf kinders is tussen 4 en 19 jaar oud.

Die gesin het al hul besittings verloor en twee van hul drie voertuie is ook in die brand vernietig.

Kaptein Steve Sandefer van die Hemet-brandweer, het gesê liggies aan die Kersboom het moontlik die brand veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Mens moet tog so versigtig wees, en nooit mens se kerboom sonder toesig los nie. Maak nie saak watter kersboom dit is nie. As jy uitgaan of gaan slaap, sit die liggies af. Dit bly maar gevaarlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.