Gesin vra hulp om man wat glo 550kg weeg te begrawe

Die gesin van ʼn man, wat glo sowat 550kg geweeg het toe hy oorlede is, het die publiek en regering gevra om te help om hom te begrawe.

EWN berig dat Chris Labuschagne Donderdag met behulp van die brandweer van sy huis in Pretoria Wes na die Kalafong-hospitaal vervoer is. Labuschagne is die volgende dag aan ʼn onbekende siekte oorlede. Sy familie sê hulle is nou in ʼn moeilike situasie om hom te begrawe. Volgens sy gesin sal dit sowat R4 000 kos om vir hom ʼn graf te grawe en sal sy kis ook dubbel die normale prys wees. Hy is glo ook te groot om te veras. Labuschagne se liggaam is na ʼn koelkamer by die George Makhuri-hospitaal vervoer aangesien dit nie in die lykhuis by Kalafong se yskaste pas nie. Die familie het die regering en publiek gevra om te help.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.