Gesinne dakloos na JHB-brand

Argieffoto

Verskeie gesinne is dakloos gelaat nadat ʼn brand Vrydagaand in Johannesburg uitgebreek het.

Volgens die stad se nooddienste het sewe plakkershuise in die George Kock informele nedersetting tot op die grond toe verbrand. “Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie,” het Rovert Mulaudzi, ʼn woordvoerder, gesê.

Die brandweer het die brand onder beheer gebring kort voordat dit in die gebied begin reën het. Niemand is in die voorval beseer nie. Die stad se rampsbestuur is steeds besig om vir die gesinne huisvesting te soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.