Gesinsmoord: Vrou vra glo vir hofbevel

Paul saam met sy stiefseun Kobus, sy eksvrou Linda en hul dogters Chané en Mischka. Foto: Facebook

Linda Nothnagel (43), wat Donderdag deur haar eksman Paul Nothnagel (44) geskiet is, is in ʼn stabiele toestand in die Netcare Union-hospitaal in Alberton.

“Sy is steeds in die hospitaal. Gister (Vrydag) was sy in ʼn stabiele toestand,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê. Die Saturday Star berig dat die egpaar verlede maand hulle egskeiding afgehandel het. Volgens die berig wou Linda glo ʼn hofbevel kry teen Paul nadat hy haar glo gedreig het.

Paul het Linda en die egpaar se twee kinders, Chane (18) en Mischke (14), Donderdag op die hoek van Hennie Albertsweg en Alicestraat in Brackenhurst in Alberton ingewag. Nothnagel het glo agter ʼn boom weggekruip en te voorskyn gekom toe hy hulle motor gewaar het. Hy het glo verskeie skote na die motor afgevuur met ʼn 9mm-pistool. Nothnagel het glo toe na sy motor geloop en selfmoord gepleeg. Chane en Mischke is onderweg na die hospitaal oorlede. Linda het die aanval oorleef en word in ʼn plaaslike hospitaal behandel. Dlamini sê die motief vir die aanval is moontlik huishoudelike probleme. Die polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord en ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sanet ·

Baie hartseer, maar hoekom nog die saak ondersoek as die moordenaar reeds dood is.

Jacolin ·

Wie op die aarde is Magdalena?
“Magdalena het die aanval oorleef en word in ʼn plaaslike hospitaal behandel”

Griet ·

Berig seker net van Beeld af gekry. Beeld se verslaggewers maak sulke flagrante foute……..

Ek’s teleurgesteld in Maroela.

Nico Strydom ·

Haai Jacolin en Griet

Die polisie het aanvanklik net Linda se geboortename bekend gemaak. Ons het dit egter in die berig weer Linda gemaak.

Baie dankie

Vriendelike groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.