Gesinstragedie speel af in PTA-spoglandgoed

Woodlands Lifestyle Estate

Woodlands Lifestyle Estate

Vier mense, waaronder twee kleuters, is Maandagmiddag in ʼn gesinstragedie by die Woodlands Lifestyle-landgoed in die ooste van Pretoria dood.

Kapt. Colette Weilbach, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die vier mense se liggame is net na 13:00 by die landgoed se klubhuis gevind.

“Na wat verneem word, het die 32-jarige ma en haar kinders, onderskeidelik twee en vier jaar oud, die middag in die parkie gaan speel. Die pa (32), wat van sy vrou vervreem is, het daar aangekom om vir die kinders te kom kuier,” het Weilbach gesê.

Inwoners het daarna skote gehoor en die bestuurder van die landgoed het gaan ondersoek instel. Hy het op die vier mense se liggame afgekom.

“ʼn Vuurwapen is op die toneel gevind. Voorlopige ondersoek dui daarop dat die pa die kinders en die ma geskiet het, waarna hy homself geskiet het. Die polisie ondersoek drie sake van moord en ʼn saak van selfmoord.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Alta Potgieter ·

Soooo hartverskeurend….so jonk nog met sulke onoorkombaare probleme, dat moord op jong kinders en vrou en daarna selfmoord die laaste uitweg is….my hart huil vir die naasbestaandes…

sylvia ·

DIS SO HARTSEER NET OM TE HOOR DAT KINDERS OOK DOOD IS IN HUIS MOLES WAAROM MOET KINDERS OOK ONDERLEI IN SULKE GEVALLE GEE LIEWERS DIE KINDERS VIR MENSE OM NA TE KYK HULLE VERDIEN DIT NIE HULLE HET NIE GEVRA OM HIER TE WEES NIE. EK DINK AAN DIE FAMILIE WAT DEUR DIE TRAGEDIE MOET GAAN

bianca ·

Paul ek dink jy wil net iets se om iets te se? Min of geen aandag by die huis? Kinders van 2 en 4 gaan nie selfmoord pleeg en ook nie ander vermoor nie! Maak dit sin of nog nie?

Amy ·

Waarom het die pa nie net homself doodgemaak nie??? Waarom die kinders saam hom neem? En dan nog sy vervreemde vrou ook saamvat?

My hart gaan uit na die vriende en familie wat agterbly.

JP Le Grange ·

Nee Amy , die pappa het nie die kinders saam met hom geneem nie , hulle gaan Liewe Jesus toe , hy gaan hel toe . ……………………dis verskriklik !!!

Janine Towsen ·

Elke huis / gesin / familie het sy eie ding. Die man was saam ons op skool en het met my vriendin uitgegaan. Bietjie anders as mens grootgeword het saam die persoon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.