Geskenke vir Chad le Clos se 21ste

Chad le Clos en sy verjaardaggeskenk van sy ouers Foto: Chad le Clos, Facebook

Die Olimpiese swemmer Chad le Clos het Vrydag sy 21ste verjaarsdag gevier en onder andere ‘n diamant- en goue ring en ‘n boek oor sy lewe as geskenke ontvang.

Die ring, ter waarde van R50 000, met die Olimpiese ringe wat in goud geset is, is ‘n geskenk van sy ouers, het Beeld Saterdag berig. Le Clos het sy verjaarsdag in Umhlanga, KwaZulu-Natal, gevier.

Penguin Books het vroeër die week aangekondig dat hulle ‘n biografie oor sy lewe tot dusver gaan uitreik. Myan Subrayan, wat Springbok-rugbyspeler Pierre Spies se biografie geskryf het, sal Le Clos se boek, getiteld “Unbelievable” [Ongelooflik] skryf. Die boek sal inspirerende oomblikke en opofferings wat hy in sy jong lewe gemaak het, beskryf.

Volgens Le Clos was die hoogtepunt van sy lewe tot dusver die oomblik toe hy die goue medalje verlede jaar by die Olimpiese Spele in Londen ingepalm het. Hy het goud vir die 200m-vlinderslag en silwer vir die 100m-vlinderslag ontvang.

-SAPA

Chad le Clos met sy goue medalje

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.