Geskorste SAUK-beamptes verdien R4 miljoen

Phil Molefe

Phil Molefe, geskorste nuushoof van die SAUK, het sy volle voordele van R2.2 miljoen ontvang terwyl hy verlede jaar by die huis spandeer het.

Gugu Dada, hoof finansiële beampte van die SAUK, het R1.5 miljoen ontvang, het The Star Donderdag berig. Dina Pule, minister van kommunikasie het in ‘n parlementêre reaksie gesê die bedrae is oorbetaal terwyl Molefe en Duda se tugsake afgehandel is. “Die volle voordeel is aan Molefe verskuldig tot die dissiplinêre proses afgehandel is,” het Pule gesê.

Dieselfde geld glo Duda, wat in verband met bewerings oor onregmatighede rakende die aanskaf van sekere dienste geskors is.

Molefe is op 10 April 2012 op spesiale verlof geplaas. In daardie stadium het die SAUK gesê die verlof is ‘n menslikehulpbronbeleid-saak en hou glo nie verband met sy beweerde politieke alliansie nie. Toe die aankondiging oor Molefe gemaak is, het die ANC-jeugliga aangevoer die SAUK teiken hom omdat hy glo te veel lugtyd aan die voormalige leier van die jeugliga, Julius Malema, gebied het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.