Gesoekte man pleeg glo selfmoord

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man wat in verband met ‘n saak van gewapende roof en moord gesoek is, het glo Saterdagoggend in Botshabelo in die Vrystaat selfmoord gepleeg.

“Die man was vermoedelik deel van ‘n groep van vyf mans wat ‘n drankwinkeleienaar verlede maand doodgeskiet het,” het lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. “Een van die verdagtes het homself vroeër oorgegee en ‘n tweede verdagte is Vrydag in hegtenis geneem.”

Die polisie het inligting ontvang dat ‘n derde verdagte by sy skoonfamilie wegkruip en besluit om omstreeks 02:00 toe te slaan. Die man het homself in ‘n plakkershuisie toegesluit en op die polisie begin vuur. Die res van sy familie, wat in ‘n aangrensende huisie geslaap het, is veilig ontruim.

“Die polisie het probeer om met hom te onderhandel. Ná ‘n ruk het die man nie meer reageer nie en die polisie het by die huisie ingebreek. Hy het homself glo in die kop geskiet,” het Mbambo gesê.

‘n Geregtelike doodsondersoek sal uitgevoer word. Die mans, wat in hegtenis geneem is, sal Maandag in die Botshabelo-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.