Gesoekte misdadiger doodgeskiet

ʼn Gesoekte misdadiger wat verbind word met ʼn reeks misdade regoor KwaZulu-Natal, is Woensdag in ʼn oor en weer skietery met die polisie noodlottig gewond.

Kolonel Vincent Mdunge, ʼn polisiewoordvoerder, sê die polisie het Woensdag na die verdagte, Zama Vilakazi, in Hammarsdale gaan soek. Hy staan tereg op meer as 20 misdade waaronder moord, besigheidsroof, huisroof en poging tot moord.

“Ondersoekbeamptes het die man saam met twee onbekende mans gesien, terwyl hulle na sy huis gesoek het,” het Mdunge gesê. Die polisie het die drie mans genader en hulle konfronteer. Twee mans het weggehardloop terwyl Vilakazi ʼn geweer uitgehaal en op die polisie begin skiet het. Die polisie het teruggeskiet. Vilakazi is op die toneel dood. ʼn Ongelisenseeerde vuurwapen is in sy besit gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.