Gesondheidsdepartement spaar miljoene toe hulle “spookwerkers” opspoor

Die Gautengse departement van gesondheid het tydens Junie se salarisuitbetaling sowat R2.3 miljoen gespaar nadat 120 werknemers van drie hospitale nie tydens ʼn verifiëringsproses opgedaag het nie, het The Star Vrydag berig.

Hope Papo, LUR vir gesondheid, het volgens die koerant in Maart ‘n biometriese verifiëringstelsel in plek gestel om van “spookwerkers” ontslae te raak.

Premier Nomvula Mokonyane het Donderdag gesê die fokus was aanvanklik op drie akademiese hospitale in die provinsie, maar die stelsel sal binnekort ook by primêre en sekondêre gesondheidsinstansies gebruik word.

By die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg het 85 werknemers, selfs ná ʼn grasieperiode van 10 dae ná betaaldag, nog steeds nie opgedaag nie, berig The Star. Die departement het gevolglik R1.3 miljoen gespaar. By die Charlotte Maxeke akademiese hospitaal in Johannesburg het die regering R648 000 gespaar nadat 22 werkers nie aangemeld het nie. By die Steve Biko akademiese hospitaal in Pretoria het die departement R328 000 gespaar toe 13 werkers nie aangemeld het nie.

Die departement het ʼn senior beampte van die departement van binnelandse sake betrek om seker te maak dat die inligting wat tydens die verifiëringsproses ingevorder is, korrek is.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Stoere Boer ·

En daar loop alles dood. Niemand volg op om te sien wie is verantwoordelik vir die spook werkers nie. Oor ‘n jaar is al daai spookwerkers weer terug met volle betaling.

Hendrik ·

so nou gee ons “grasie” periodes vir skelms om meer te steel…en geen sprake van vervolging nie…belaglik SA, ons gaan nog vrek van cANCer

Kaspaas ·

Doen enigiemand enige moeite om die geld terug te vorder wat alreeds aan die “spookwerkers” betaal is, of is dit soos Apartheid, iets van die verlede ?

Hendrik ·

hierdie “werkers” kry belaglike bedrae per maand, was dit skoonmakers of dokters??? By die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal spaar hulle amper R30 000 per maand aan ‘n “werker”. Natuurlik sal die premier nie bekend maak watse soort werkers dit was nie, want dan kan almal sien hoe die “tee lady” R30 000 per maand maak

BIANCA ·

gaan deel bietjie daai bedrae deur die aantal werkers en kyk wat het hulle elke maand lekker verdien vir absoluut niks doen nie sjoe dit sal darem lekker wees om dit te kry vir sommer net!

brampie ·

Bliksem maar julle is treurig, waar is die geld, kan net die donner wees wat die betalings doen. Hulle kan mos sien in wie se rekeninge daai geld inbetaal is.

Piet ·

Dit moet nogal topwerkers wees wat daardie salarisse verdien,R25000:00 plus!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.