Die regering is besig om die land se gesondheidsfasiliteite te oudit om voor te berei vir die implementering van die nasionale gesondheidsversekeringsplan (NGV) in April 2012.
Die minister van gesondheid Aaron Motsoaledi het Donderdagoggend gesê die NGV sal eers in 10 verkose distrikte getoets word om die departement te help om die uitleg daarvan te finaliseer. Die NGV het ten doel om alle landsburgers toegang te gee tot ʼn sekere standaard gesondheidsorg, ongeag hulle inkomste. Motsoaledi sê niemand hoef in die stadium reeds ʼn bydrae tot die NGV te maak nie. Mense wat meer as ‘n sekere bedrag geld verdien sal egter later ‘n bydrae aan die plan moet maak. Hy sê die regering wil oor die volgende vyf jaar die bestuur van gesondheidsorg fasiliteite versterk, standaarde verbeter, infrastruktuur ontwikkel en die NGV tot stand bring. Motsoaledi sê die implementering van die NGV sal nie die private gesondheidsektor verwoes nie.
En wie gaan weereens die befondsing en subsidie van die skema doen?…