“Gesteelde” baba: Ma was glo nooit eers swanger nie

Argieffoto

Argieffoto

Die vrou van Kempton Park wat aangevoer het dat haar twee weekoue baba tydens ʼn huisbraak gesteel is, was glo nooit eers swanger nie.

Die polisie het Dinsdag ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat die vrou beweer het drie mans en twee vrouens het haar en haar 16-jarige dogter Maandagaand oorval, vasgebind en bedwelm, waarna hulle die babaseuntjie en al sy klere, asook haar selfoon gesteel het.

Maroela Media het Dinsdagaand berig dat die babatjie ongedeerd en veilig by sy biologiese ma in Emalahleni (Witbank) gevind is en dat die hele ontvoering gefabriseer is.

Die vrou, wat intussen deur EWN as Busi Nkosi (42) identifiseer is, moet môre in die Kempton Parkse landdroshof verskyn, het lt.kol Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, Woensdag aan Maroela Media gesê.  Sy is Dinsdag in hegtenis geneem en word aangekla van meineed. Mogale wou nie meer oor die saak uitbrei voor die vrou in die hof verskyn het nie.

Intussen berig EWN, Nkosi het na bewering vroeër vir haar man gesê dat sy swanger is en in Emalahleni (Witbank) aan ʼn babaseuntjie geboorte gaan skenk. Sy het in Kempton Park aangekom met die vier maande oue baba. Sy het glo ʼn ooreenkoms aangegaan met haar 20-jarige susterskind, wat in Emalahleni woon, dat sy na die baba sal omsien. Nkosi het egter onlangs ʼn oproep van die biologiese ma ontvang wat daarop aangedring het dat sy haar baba terug wil hê.

Nkosi het toe met die storie oor die ontvoering vorendag gekom omdat sy glo te bang was om vir haar man die waarheid te vertel.

Mogale het aan EWN gesê die polisie het haar uitgevang toe hulle teenstrydighede in haar verklaring opgemerk het.

Lees ook:
‘Gesteelde’ baba veilig opgespoor
Inbrekers steel baba

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

hans ·

Dat ga je dus krijgen onder een regime wat zelf niet integer is en zelfs egoistisch misdaad inzet. Jammer van al die onnodige politieinzet terwijl er in dezelfde tijd weer flink verkracht en gemoord is.

Eben ·

Ai ai ai die Volk in ons Land!!

Hoekom wil Katlego Mogale nie verder uitwei oor die saak … omdat hy nie weet wat aangaan!! Ai ou grote … jy ken mos daardie liedjie ‘ ….. vat jou goed en trek Mogale, vat jou goed en trek!” …. bla-bla!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.