‘Gesteelde baba’: Ma se naam bekend; borg toegestaan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy valslik ʼn ontvoering aangemeld het, is Vrydag in die landdroshof in Kempton Park op borgtog van R3 000 vrygelaat.

“Busi Nkosi is aangekla van meineed en dwarsboming van die gereg en sal weer op 22 November in die hof verskyn,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, gesê.

Nkosi (42) het Maandag beweer haar babaseuntjie is ontvoer tydens ʼn rooftog in Kempton Park. Daar is aanvanklik berig dat drie mans en twee vroue Maandagaand by die huis ingebreek, Nkosi en haar 16-jarige dogter vasgebind en hulle bedwelm het. Die polisie het in daardie stadium gesê die baba, sy klere en Nkosi se selfoon is gesteel. Die pa het omstreeks 22:00 by die huis aangekom en sy vrou en dogter aangetref. Die polisie kon nie enige tekens van geforseerde toegang aantref nie.

“Die polisie het die kind veilig by sy biologiese ma in Witbank, Mpumalanga, opgespoor.”

Lees ook:
Gesteelde baba: “Ma” vandag in hof
“Gesteelde” baba: Ma was glo nooit eers swanger nie
‘Gesteelde’ baba veilig opgespoor
Inbrekers steel baba

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.