Gesteelde-baba: “Ma” vandag in hof

Argieffoto

Argieffoto

Die vrou van Kempton Park wat Maandag aangevoer het dat haar baba tydens ʼn huisbraak gesteel is, verskyn vandag in die Kempton Parkse landdroshof.

Die polisie het Dinsdag ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat die vrou beweer het drie mans en twee vrouens het haar en haar 16-jarige dogter Maandagaand oorval, vasgebind en bedwelm, waarna hulle die babaseuntjie en al sy klere, asook haar selfoon gesteel het.

Die baba is Dinsdag ongedeerd en veilig by sy biologiese ma in Emalahleni (Witbank) gevind. Die polisie het ook uitgevind dat die hele ontvoering gefabriseer is.

Die baba is vier maande oud en nie 13 dae oud soos wat aanvanklik berig is nie.

Lees ook:
“Gesteelde” baba: Ma was glo nooit eers swanger nie
‘Gesteelde’ baba veilig opgespoor
Inbrekers steel baba

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.