Gesteelde babafoto’s op Facebook opgespoor

Een van die babafoto’s wat opgespoor is

Toe Ann Perry-Smith van Kanada se doeksak, kameras en ‘n filmrolletjie nege jaar gelede uit haar motor gesteel is, het sy nie gedink dat sy ooit weer dié items sou sien nie.

Perry-Smith was veral teleurgesteld omdat daar foto’s van haar nuwe baba op die filmrolletjie was. Sy het verseker nie gedink dat sy haar eie familiefoto’s op Facebook sou herken nie.

Helen Maslyk het egter vroeër die maand probleme met ‘n motorband gehad en naby Victoria in British Columbia in Kanada afgetrek. Volgens UPI het sy ‘n filmrolletjie in ‘n sloot sien lê en besluit om die foto’s te ontwikkel. Sy het die foto’s toe op Facebook publiseer in ‘n poging om die regmatige eienaar op te spoor.

Kort daarna het Perry-Smith op die foto’s op Facebook afgekom. “My mond het oopgehang,” het Perry-Smith gesê. “Daar is ‘n foto van my man, my baba, wat in daardie stadium net ‘n paar weke oud was, en ons hond wat al drie saam op die bed lê!” het sy aan CBC News gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.