Gesteelde handgranate “onskadelik”

Die handgranate wat Woensdagoggend by ʼn vulstasie op die N1 noord van Pretoria gesteel is, hou geen bedreiging in nie.

RSG berig dat dit skokgranate is wat nie gevaarlike plofstof bevat nie. Volgens berigte ontplof dié granate en veroorsaak dit dan ’n flits van lig. Die handgranate is Woensdagoggend by die Panorama Petroport naby Hammanskraal uit ʼn militêre voertuig gesteel. Die voertuig was van ʼn Denel-tak van Kaapstad onderweg na die Wallmansthal-weermagbasis. Die bestuurder en sy assistent het omstreeks 05:00 by die vulstasie aangekom en besluit om te gaan slaap, aangesien hulle eers die aflewering 08:00 kon doen. Terwyl die mans in die voertuig geslaap het, het die diewe glo die drie bokse gesteel. Een boks handgranate is later in ‘n veld gevind, maar die polisie is steeds op soek na die ander twee bokse. Sowat 70 handgranate word vermis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.