Gesteelde honde by lughawe gered

Argieffoto

Dertien gesteelde honde wat onwettig na Angola vervoer sou word, is Maandag by die Kaapstad Internasionale Lughawe gered.

Die Cape Times berig twee mans van Angola is tydens ʼn klopjag in hegtenis geneem en hulle gaan onder andere van diefstal aangekla word. Hul uitvoerdokumente was onvoltooid en hul paspoorte vervals.

Kaptein Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê agt honde is in die vragarea gekry, en vyf in die bagasiearea. Die honde wat gered is, word in ʼn plek van veilige bewaring aangehou en daar gaan gepoog word om hul eienaars op te spoor. Meer as 80 honde is al sedert Augustus van ‘n beweerde hondesmokkel-sindikaat gered.

Die honde was hoofsaaklik Rottweilers, Duitse herdershonde en Boerboelle. Babahondjies word glo vir R10 000 elk verkoop in lande soos Namibië, Angola en Zimbabwe. Volwasse honde word vir R25 000 verkoop.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.