Gesteelde kunswerke gevind

Maggie Laubser se Cat and Petunias is een van die skilderye wat moontlik opgespoor is.

Vier van die vyf skilderye wat Sondag uit die Pretoriase kunsmuseum gesteel is, is Dinsdag in Port Elizabeth opgespoor.

Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie in Port Elizabeth het bevestig dat die skilderye onder ʼn bankie by ʼn NG-kerk in Sunridgepark opgespoor is. Die polisie het op ʼn wenk reageer en die honde-eenheid het hulle na dié perseel gelei.

Die City of Tshwane moet egter bevestig of die kunswerke, wat gevind is, wel die oorspronklike kunswerke is. Van die kunswerke wat teruggekry is sluit Maggie Laubser se Cat and Petunias (1936) en JH Pierneef se Eland and Bird (1961) in.

Niemand is nog in verband met die diefstal in hegtenis geneem nie.

Die kunsmuseum sal weer vanaf 20 November oop wees vir die publiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul Joubert ·

Van die kommentaar in vorige mediaberigte oor dié saak het aangevoer dat dit “‘n fyn beplande rooftog” was. Klink my nie so nie. Lyk nie of die ouens enigiets van kuns af geweet het nie, want dis uiteraard baie moeilik om bekende kunswerke te verhandel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.