“Gesteelde” lotto-kaartjie was toe nie ʼn wenner nie

lotto-logoDie 26-jarige man wat beweer het dat sy R33 miljoen-loterykaartjie deur mans in polisie-uniforms gesteel is, se lotto-kaartjie was uiteindelik nie ʼn wenner nie, omdat hy die datums verkeerd gehad het.

Die Daily News berig die man het die regte nommers gehad vir die trekking wat op 13 Oktober plaasgevind het, maar sy kaartjie was eers geldig vir die trekking op 16 Oktober.

Maroela Media het vroeër berig Sipho Ngcobo het beweer dat die wenkaartjie Maandagaand uit sy huis in Hillcrest, KwaZulu-Natal gesteel is. Die Sunday Tribune het berig die situasie word bevraagteken nadat dit aan die lig gekom het dat die wenkaartjie by ʼn Spar in Wartburg gekoop is en dat kringtelevisiebeeldmateriaal bestaan van die man wat die wenkaartjie gekoop het.

Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe die man op en af spring nadat die wennommers op die skerm bo die winkel se loterymasjien vertoon is. Die beeldmateriaal is Maandagoggend omstreeks 11:00 geneem. Volgens die berig is die wenner ʼn drywer en pa van vier en is sy bankrekening gevries weens die polisie se ondersoek. Die Tribune berig dat Mark Kendall-Ball, bestuurder van die Wartburg Spar, vir die wenner R200 geleen het om na Durban te gaan om sy prys op te eis.<

Die Daily news berig dit was die eerste keer wat Ngcobo die lotto gespeel het en dat sy “wenkaartjie” op 14 Oktober gekoop is. – SAPA

Lees ook:
Storie oor lotery-wenkaartjie glo opgemaak
Lotto-wenner se geluk gesteel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.