Gesteelde skoolbus opgespoor

Laerskool Gamtoosvallei se skoolwapen

‘n Skoolbus wat in Patensie naby Hankey in die Oos-Kaap gesteel is, is Woensdag opgespoor.

“Leerlinge van Laerskool Gamtoosvallei is sonder vervoer gelaat toe die minibus gesteel is,” het lt.kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, gesê. Diewe het deur die aand ‘n gat in die heining gesny en toe met die voertuig weggery. “Die voertuig se opsporingstoestel is Woensdag omstreeks 10:00 geaktiveer en die polisie het die voertuig verlate in Sayisestraat opgespoor. Gesteelde voertuie word gereeld hier parkeer,” het Naidu gesê.

Daar is aan die motor se aansitter gepeuter en ‘n plakker met die skool se naam was reeds verwyder. Teen Woensdagmiddag was niemand nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.