Gesteelde vee opgespoor

Argieffoto

‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n trop vee vroeër die week gesteel het.

Lt.kol. Lesego Metsi, woordvoerder van die Noordwes-polisie, het gesê die 30 beeste is Maandag gesteel en is Vrydag in die man se kraal in Bodibe opgespoor. “Die eienaar van die kraal kon die polisie nie oortuig hoe die beeste in sy besit gekom het nie,” het Metsi gesê.

Die beeste is sowat R80 000 werd.

Die man sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Itsoseng verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.