‘n Agt maandeoue baba wat gesteel is, is op die Esperanza-plaas in Welkom in die Vrystaat opgespoor.
“Die baba se ma het glo saam met ‘n onbekende vrou van Thabong na Welkom gereis waar sy ‘n werk belowe is,” het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. “Die ma is aangesê om huis toe te gaan en haar identiteitsdokument te gaan haal. Die onbekende vrou het aangebied om by die baba te bly.”
Toe die ma terugkeer, was die baba en die vrou nêrens te sien nie. “Die polisie het inligting ontvang dat ‘n gesteelde baba moontlik in ‘n huis by Esperanza-plaas aangehou word. Die baba is versteek en toegedraai in ‘n kombersie, aangetref,” het Thakeng gesê.
Die baba is herenig met die ma. Die onbekende vrou is glo afkomstig van Lesotho. Sy sal Dinsdag in die Welkom-landdroshof verskyn op aanklag van kinderdiefstal.
Hoe los iemand sy of haar kind by ‘n wild vreemde? Kon maklik muti moord gewees het. Vat die kind weg van haar.