‘Gesteelde’ weermag-ammunisie: Beskuldigdes in die hof

Twee mans wat van handel in gesteelde weermag-ammunisie beskuldig word, het in Gauteng in die Lenasia-landdroshof verskyn, het The Star Woensdag berig.

Klagtes is Dinsdag voorlopig wees ʼn tegniese punt teruggetrek teen Gareth de Nysschen, direkteur van Dave Sheer Guns en Efthimios Demis Karamitsos, algemene bestuurder van die maatskappy.

Die mans, wat verlede week by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is, is weer aangekla en het teruggekeer na die hof om vir borg aansoek te doen.

Annelene van den Heever, wat die twee mans verteenwoordig, het glo gesê dit bied hulle ʼn saak teen die militêre polisie en die staatsaanklaer.

De Nysschen se borgaansoek is van die hand gewys en die staat het versoek dat sy borgaansoek tot Vrydag uitgestel moet word. Van den Heever wou by die staatsaanklaer weet wat anders ondersoek kan word. “Is dit omdat ene Paul O’Sullivan nonsens in hul ore fluister?” wou sy weet.

O’Sullivan ondersoek glo bewerings van polisie-omkopery by Dave Sheer Guns. Hy is die ondersoekbeampte wat aan die dossier gewerk het vir die saak teen die veroordeelde dwelmhandelaar Glenn Agliotti en voormalige polisie-kommissaris Jackie Selebi, wat aan korrupsie skuldig bevind is.

Volgens The Star het Martin Hood, wat die vuurwapenwinkel verteenwoordig, gesê O’Sullivan het ʼn SMS aan hom gestuur waarin hy hom van laster beskuldig.

Twee soldate wat beskuldig word van die onwettige handel in weermag-ammunisie en die seun van een van die soldate is ook in die beskuldigdebank. Die seun se borgaansoek sal Vrydag aangehoor word, terwyl die soldate se saak tot 20 Augustus uitgestel is.

Lees ook:
Klopjag op banke se transito-maatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.