Gestrande ma en kind geskiet

ʼn Ma en haar 4-jarige kind is geskiet nadat hul voertuig sonder brandstof langs ʼn pad in Port Elizabeth, in die Oos-Kaap, gaan staan het.

Die voorval het Sondag omstreeks 16:00 op die Kempstonweg-afrit plaasgevind, berig The Herald. Daar was twee vroue en drie kinders in die voertuig, toe dit sonder brandstof gaan staan het. ʼn Verbyganger het die vroue gehelp en was reeds onderweg om vir hulle brandstof te gaan kry, toe twee jong mans hulle genader het en beveel het om die voertuig se deure oop te sluit. Die vroue het geweier, waarop een van die verdagtes ʼn vuurwapen uitgehaal en op hulle deur die venster begin skiet het.

Een vrou is in haar bors geskiet en haar dogter, wat agter haar gesit het, in haar arm. Die mans het die voertuig deursoek en met kontant en ander waardevolle items gevlug. ʼn Ander verbyganger het die polisie ontbied.

Die ma en haar kind is na die Mercantile-hospitaal geneem en is glo in ʼn stabiele toestand. Die ander vrou en twee kinders is erg deur die voorval getraumatiseerd.

Die polisie ondersoek ʼn saak van roof en twee sake van poging tot moord. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

dave ·

In die reenboog land van ons weet nie een van ons watter vriend, gesin of familie lid die volgende slagoffer gaan wees nie. Die tipe insidente ruk nou hand uit. Mens kan nie anders as om te dink dat om jou self te bewapen en baie behendig daarmee te wees, is die enigste alternatief deesdae. Dit beteken om die wil te ontwikkel om jouself te verdedig! aai

SANETTE HENNING ·

EN HUL SE MISDAAD NEEM AF GENADE HOEVEEL NOG DAAGLIKS IS DAAR VOORVALLE. DINK DAAR MOET N BIDAG EN OPVOLG BID DAE GEHOU WORD REGERING KAN BEGIN OM SAAM TE BID EN AKSIE TE NEEM

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.