Gestrande walvis gered

Foto: NSRI

Foto: NSRI

‘n Gestrande walvis is Saterdag by die hawe in St Helenabaai, noord van Saldanhabaai, ná ses pogings gered, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

Die snawelwalvis was in ‘n slegte toestand. “Die NSRI se seereddingspan van Mykonos het Saterdag om 10:55 ‘n reddingsvaartuig ontbied nadat berigte oor die gestrande walvis ontvang is,” het Gerard Brune, stasiebevelvoerder van NSRI Mykonos, gesê. “Die half gestrande walvis het nog geleef toe die reddingsbeamptes by die toneel opgedaag het. Hy het skrape en snye aan hom gehad en daar is gepoog om hom weer terug te druk in die see in.”

Die NSRI en twee vissermanne van die omgewing het vyf pogings aangewend om die walvis te lok, te druk en aan te moedig om weer in die water in te gaan, maar selfs nadat die walvis 10m van die kus af was, het hy omgedraai en weer gestrand.

“Omstreeks 15:45, toe ons die sesde keer probeer om die walvis te red, het hy uiteindelik geduik en die NSRI-span het hom verby rotse in dieper water in gehelp,” het Brune bygevoeg. “Ons het die see vir langer as ‘n uur dopgehou, maar dit het gelyk of die walvis uiteindelik weggeswem het. Ons hoop dat hy terug is na die diep see en nie weer sal strand nie.”

Volgens Brune word die kusgebied steeds dopgehou.

Die NSRI sê dit is nie bekend waarom walvisse strand nie, maar die walvis se slegte gesondheid kan dalk ‘n faktor wees in dié geval.

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andries ·

Gee vir Seg net ‘n paar brandewyne en hy stoot die walvis man alleen die diep see in.Gewoonlik het hy al vroegdag ‘n knerts of twee in.
Hy sal beter doen as I&J. Ons haal hulle uit die diep see uit.

Frik ·

Seg laat my baie aan Kaspaas dink. Hy sal wydsbeen oor die walvis sit en hom die diep see inroei met sy elmboë.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.