Gestrande walvis op Kaapse strand vrek

Die walvis is Woensdagoggend by die St James-strand op die rotse gevind waar hy gestrand het. Die walvis het later gevrek. Foto: Save Our Seas Foundation/Facebook

Die Nasionale Seereddingsinstituut sê pogings om ʼn gestrande walvis te red het Woensdagmiddag geëindig nadat die walvis gevrek het.

Die walvis is Woensdagoggend naby die St. James-strand gevind waar hy op die rotse gestrand het. ʼn Woordvoerder van die nasionale seereddingsinstituut, Craig Lambinon, het vroeër gesê dit lyk of die walvis siek was. Lambinon sê die Stad Kaapstad sal die karkas van die strand verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.