Gestremde in die hof oor kokaïen

Argieffoto

Argieffoto

Nico Jansen van Vuuren (46), wat glo met kokaïen ter waarde van nagenoeg R350 000 by OR Tambo Internasionale Lughawe betrap is, het Donderdag in die landdroshof in Kempton Park verskyn.

“Die saak is tot 28 Maart uitgestel vir verdere ondersoek,” het Paul Ramaloko, woordvoerder vir die Valke, gesê.

Van Vuuren, wat in ʼn rolstoel is, is Dinsdag minute nadat hy omstreeks 10:30 van Dubai geland het, in hegtenis geneem. Twee pakkies kokaïen is in die agtersakke van elk van sy nege paar denimbroeke in sy bagasie aangetref.

“Die man is ʼn gereelde reisiger en moontlik deel van ʼn groter internasionale sindikaat,” het Ramaloko gesê.

Lees ook:
Gestremde man glo met kokaïen betrap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Vuilgoed …. misbruik sy gestremheid om ons mense in n dwelm versoeking te plaas!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.