Gestremde kinders in ongeluk beseer

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Altesaam 24 gestremde kinders is beseer nadat ʼn taxi waarin hulle na hul skool vervoer is, Dinsdagoggend op die N14 naby Diepsloot, tussen Johannes en Pretoria, omgeslaan het.

Volgens Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, het die bestuurder van die taxi glo beheer oor die voertuig verloor. “Die kinders is almal tussen sewe en 11 jaar oud, en het geringe tot matige beserings opgedoen,” het Majija gesê.

Sy sê nie een van die kinders het enige bene gebreek nie, en dat die meerderheid kneusplekke en snywonde opgedoen het. “Daar was twee volwassenes in die taxi. Hulle het geringe beserings opgedoen.”

All die insittendes is met ambulanse van verskeie nooddienste na die Thembisa-hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.