ʼn Gestremde man is Dinsdag met meer as 1 kg kokaïen in sy bagasie by OR Tambo Internasionale Lughawe betrap.
“Die 46-jarige man, in ʼn rolstoel, is tydens ʼn klopjag in hegtenis geneem minute nadat hy omstreeks 10:30 van Dubai in Suid-Afrika geland het,” het Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. “Twee pakkies kokaïen is in die agtersakke van elk van sy nege paar denimbroeke in sy tas opgespoor. Die 1205 g kokaïen het ʼn geraamde straatwaarde van R350 000.”
Volgens Ramaloko is die man ʼn gereelde reisiger en moontlik deel van ʼn groter sindikaat met internasionale skakels wat in dwelms handel dryf.
Hy sal Donderdag in die landdroshof in Kempton Park verskyn.
Die man se nasionaliteit is nie bekend gemaak nie.
So nou kry die lafaards al gestremdes as dwelm-muile?