Getuie: ‘Uitermatige geweld is gebruik om Terre’Blanche te vermoor’

'n Plakkaat wat tydens vorige hofverskynings sigbaar was.

ʼn Forensiese ontleder het in die rondgaande hof op Ventersdorp getuig dat uitermatige geweld gebruik is om die voormalige AWB-leier Eugene Terre’Blanche te vermoor.

Lt.kol. Ian van der Nest het aan die hof beskryf in watter rigtings Terre’Blanche se bloed gespat het terwyl hy vermoor is en wat die betekenis daarvan is. Van der Nest sê die bloedvlekke wat teen die muur agter Terre’Blanche se kamerdeur gevind is dui daarop dat uitermatige geweld gebruik is. Hy sê die bloedvlekke wat regoorkant die ingang van die vertrek sigbaar was, van sirkelvormige aard was. Hy sê dit dui daarop dat die aanranding plaasgevind het op ʼn hoek van 90 grade, soos met ʼn bofbalkolf. Van der Nest sê die bloedvlekke dui daarop dat Terre’Blanche vermoor is terwyl hy op sy bed gelê het. Chris Mahlangu en ʼn minderjarige word aangekla van moord en roof met verswarende omstandighede. Terre’Blanche is op 3 April verlede jaar op sy plaas buite Ventersdorp vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.