Gevang! Kotze definitief vas

Johan Kotze Foto verskaf deur die SAPD

Die polisie het bevestig dat hulle Johan Kotze, wat daarvan verdink word dat hy ʼn grusame aanval op sy vervreemde vrou gereël en sy stiefseun doodgeskiet het, in hegtenis geneem het, het die polisie in Limpopo Woensdag gesê.

“Die ontwykende Johan Kotze is uiteindelik in hegtenis geneem,” het brigadier Hangwani Mulaudzi gesê. “Hy is vanoggend omstreeks 11:45 in Modimolle vasgetrek. Hy is sedert verlede week voortvlugtend… Die verdagte sal binnekort voor die landdroshof in Modimolle verskyn.” Kotze, 50, is sedert 3 Januarie voortvlugtend nadat hy drie werkers glo gedwing het om sy vervreemde vrou om die beurt in sy huis in Modimolle te verkrag en waarna hy sy stiefseun doodgeskiet het. ʼn 42-jarige man wat glo gedwing is om aan die aanval op Kotze se vrou deel te neem, is vroeër Woensdag in Makapanstad naby Hammanskraal, noord van Pretoria, in hegtenis geneem. Polisie het Dinsdagaand Kotze se verlate Toyota Fortuner in Modimolle opgespoor en Mulaudzi het gewaarsku dat sy inhegtenisname om die draai is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.