Gevangene steek homself aan die brand

‘n Gevangene by die Pretoria-Sentraal-gevangenis het homself aan die brand gesteek nadat sy versoek om na ʼn ander tronk oorgeplaas te word glo geweier is.

ʼn Woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, Ofentse Morwane, sê die 48-jarige gevangene het homself Dinsdag in sy matras toegevou en dit aan brand gesteek. “Die gevangene het brandwonde aan sy regterarm en bors opgedoen en is na die Kalafong-hospitaal gehaas.” Volgens berigte het ander gevangenes die man se lewe gered nadat tronkbewaarders glo traag was om te reageer. Die departement het die bewerings ten sterkste ontken. Die gevangene dien 20 jaar tronkstraf uit vir gewapende roof. Hy wou glo na die Boksburg-gevangenis oorgeplaas word. Morwane sê daar is sekere prosesse en prosedure wat gevolg moet word wanneer gevangenes na van een tronk na ʼn ander oorgeplaas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.