Gevangenes het glo luilekker lewe agter tralies

Sommige van die land se gevangenes drink glo konjak, kyk DStv en gebruik selfone.

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) se topbestuur het Woensdag voorleggings aan die DKD se parlementêre portefeuljekomitee gedoen oor gewelddadige voorvalle in tronke, het Beeld Donderdag berig.

Vincent Smith, die komitee se voorsitter, was egter ontevrede met inligting wat voorgelê is oor spesifieke voorvalle. “Julle voorleggings is baie yl. Nêrens noem julle iets oor selfone in tronke nie. Niemand bespreek gevalle waar tronkbewaarders met gevangenes saamsweer om selfone in te smokkel nie,” het Smith uitgevaar.

Volgens Smith het hulle informante in tronke wat sê hoe maklik ondermeer DStv-walkas en dwelms ingesmokkel kan word. “In Durban-Westville drink hulle Hennessy. Ons kry middernagtelike oproepe van ons informante wat sê hulle sit en drink Hennessy en kyk op DStv-walkas hoe Liverpool teen Arsenal sokker speel.”

Smith het ondermeer ’n bosberaad voorgestel waar die kwessie van bende-aktiwiteite in tronke bespreek moet word.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tante Afrikana ·

Chain gangs – ons land kan skoongemaak word deur hierdie gemors wat ons staatsgeld sit en opvreet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.