Gevangenes kan voortaan ‘n ‘salaris’ verdien

Argieffoto

ʼn Goedgemanierde en hardwerkende gevangene kan met sowat R20 000 in sy sak uit die tronk stap.

Indien ʼn misdadiger bereid is om aan rehabilitasieprogramme deel te neem en gelukkig genoeg is om in diens geneem te word deur ʼn handelsentiteit, wat binnekort deur die departement van korrektiewe dienste tot stand gebring gaan word. Sbu Nedebele, minister van korrektiewe dienste, het Maandag in Boksburg tydens ʼn seminaar met verskeie aandeelhouers oorbevolking en alternatiewe vonnisoplegging bespreek, berig SowetanLIVE.

Dié handelsentiteit sal ondernemings wat reeds deur uitgesoekte tronke bedryf word, uitbrei. Hulle bied landbouprodukte en meublement te koop aan regeringsdepartemente en die publiek. Ndebele het verduidelik dat gevangenes vir hul arbeid betaal sal word, maar slegs die geld sal ontvang sodra hulle tronkstraf uitgedien is. Hy sê hy glo die vaardighede en werksondervinding wat aangeleer word, tesame met die kontant, sal verseker dat, sodra gevangenes die tronk verlaat, hulle nie weer sal terugkeer nie.

Ndebele het ook aangekondig dat 20 nuwe skole deur misdadigers gebou sal word en dat die “arbeiders” vir hul werk betaal sal word. Hy reken dat dié skuif die las op die gevangenisstelsel sal verlig. “Die slagoffer van misdaad is belangrik. Deel van rehabilitasie is om aan die oortreder die geleentheid te bied om verskoning te vra en vir die slagoffer om te vergewe,” het Ndebele gesê. Hy sê gemeenskappe moet ʼn rol begin speel indien die misdaadkringloop gebreek gaan word. Hy sal volgende week in Secunda, Mpumalanga met ʼn gemeenskapsdialoog begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Paul Joubert ·

Dis nie vreeslik ongewoon nie. Daar is talle lande waar gevangenes geld kan verdien deur nuttige werk in die tronk te doen.

Ina Chatwind ·

Gaan hulle minimum loon betaal word en mag hulle by vakbonde aansluit? Net ‘n gedagte….

Petro Doman ·

In die ou dae HET gevangenes nog actually gewerk – nie vir ‘n bonus en allerhande voorregte nie, maar as deel van sy straf omdat hy aangejaag het! Ek wonder nou net of hulle dan rente op die geld kan trek, ook kan staak oor die “minimum bedrag (loon?) wat deur die Govt vasgestel is”, en aan ‘n vakbond kan behoort. Hulle het immers alreeds medies, behuising en studievoordele … NIKS kan ‘n krimineel rehabiliteer en keer dat hy terugkom tronk toe nie – dit is mos nou al oor en oor bewys deur die hoeveelheid gevangenes wat vrygelaat word (of hy nou sy straf uitgedien het of presidensiele vryskelding kry) wat weer plunder, steel, moor, verkrag en ander goed doen! Nog ‘n LUGKASTEEL wat gebou, geverf, paving gedoen en sommer landscaping en swembad kry ….

Paul Joubert ·

Onthou Petro, wanneer die ouens vrygelaat word, is dit slegs dié wat weer misdaad pleeg waarvan jy in die nuus hoor. Diegene wat wel gerehabiliteer is (hetsy dit nou uit vrees is of uit ware rehabilitasie) kom nie in die nuus nie.
As jy ‘n argument bou slegs op dit wat jy in die nuus sien, gaan dit maar sukkel…

Jan Carstens ·

Julle is van jul sinne beroof,,so ek gaan nie maaer werk nie gaan liewer tronk toe. Die belasting betaler sorg mos dan vir my……

antiloan ·

How much corruption will come from this? So now Mr 20k waiting for him when he gets out to go buy booze, drugs or an illegal gun… I would rather say pay them with credits for basic necessities while in prison…the 20k will make them lazy to look for work and will return to crime once the money is up…bad idea..

Marita ·

Hoeveel misdade sal nou gepleeg word om daardie geld te kan kry? Lyk my hierdie land gaan net vir misdadigers sorg. Wanneer word daar gekyk na al die beloftes wat gemaak is aan almal ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.