“Gevangenes raak gefrustreerd met swak toestande in tronke”

Argieffoto.

Argieffoto.

Toestande in Suid-Afrikaanse tronke verswak en gevangenes raak al hoe meer gefrustreerd met hoe hulle behandel word, het die 2012/13 algemene verslag van die geregtelike inspektoraat vir die gevangenisdiens bevind.

“Die inspekteurs beskryf 2012 as ʼn jaar van oproerigheid deur gevangenes in korrektiewedienste-sentrums,” het die verslag gesê.

Die verslag het bendes as die hoof- bydraende faktor blameer, maar ook gesê gevangenes raak al hoe meer gefrustreerd met die toestande waarin hulle moet bly en hoe hulle by die sentrums behandel word.

Die verslag het bevind dat daar ʼn afname in natuurlike sterftes in tronke was. Dit het gedaal van 852 na 709. “Die hoeveelheid onnatuurlike sterftes het egter van 48 tot 57 toegeneem, wat ʼn groot bekommernis is,” luidens die verslag.

Die meeste onnatuurlike sterftes was weens selfmoord of voorvalle waar die oorsaak van dood nog nie bepaal is nie.

Negentien gevangenes het hulself gehang, nege is deur mede-gevangenes vermoor, ses het weens ʼn oordosis dwelms gesterf en drie het selfmoord gepleeg het deur hul sel aan die brand te steek.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jouwena ·

Dit wat daar aangaan, is sekerlik nie na wense nie, maar aan die ander kant . . . . . as die gevangenis hul in die samelewing gedra het, dan het hul mos die keuse gehad om te kies in watter vyfster hotel hul wou tuisgaan.

Jasper ·

Net so is ons moeg en keelvol om deur hulle getreiter, gemoor, beroof, verkrag, bedrieg en besteel te word. Kry vir julle!
Dit is tyd dat prisoniers in tronke weer moet werk vir hul daaglikse kos.

wragtig ·

Gefrustreerd? Dis die joke van die jaar. Hulle moet nog meer sleg behandel word. Hoe dink hulle voel hulle slagoffers????

Vas Vat ·

Wat n grap !!!! Kyk maar wat gebeur in Zim, daar eet hulle rotvleis.

wllie ·

Wie se skuld is dit dat hulle daar sit? Hulle is beslis nie daar omdat hulle rolmodelle is nie.

Jasper ·

Maroela is besig om die Forum te word waarvanniemand hou nie.
Ek skoon kommentaar gelwer en genoem dat ons mense net so moeg is vir misdaad en dat hulle in die tronke moet werk vir hulle kos.
Ek dink dit is nou regtig kleingeestig. Haal my af as dit julle dal plesier.

Jasper ·

Maroela is besig om die Forum te word waarvan niemand hou nie.
Ek het skoon kommentaar gelewer wat daarop neerkom dat ons net so moeg is vir misdaad en dat die ouens in tronke moet werk vir hulle kos.
My kommentaar was verwyder.
Ek dink dit is kleingeestig.
Haal my af as ek nie hier hoort nie.

Amy ·

Wat het hulle verwag? BED AND BREAKFAST??? En warm skuimbaddens, en sjampanje en kaviaar???

Gis-Marie ·

Di vraag is hoe kry hul dwelms as dit ni toe gelaat word in di tronk ni, waar kry hul dinge om hul self te hang, Hoe kry hul n lighter of vuurhoutjies om n brand te stig…… Dis mos dinge wat ni toegelaat wrd as jy toegesluit word ni. Kla dan oor slegte behandeling wat de hel…. hul het geweet wat op hul gan wag as hul dade pleeg wat hul gan lat sit, dink an hoe di slagoffer moet voel ma hul kla… pffffffft geen simpatie.

wragtig ·

JanEe ou Jasper niemand weet meer wat aangaan op maroela nie. Ek glo nie hulle verstaan afrikaans so goed nie. Myne word net so afgehaal.

ELSA ·

HOEKOM BELAND JY IN DIE TRONK…..DINK AAN DIE ONSKULDIGES WAT JY
OF VERKRAG HET….EN WREED VERMOOR HET….DAN..IS DIE TRONK GELYKE AAN HULLE PYN EN SEER N 5 STER VERBLYF!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Vas Vat ·

Sodra jy agter tralies beland, verloor jy al jou voorregte, dit is hoekom dit n tronk/sel genoem word.Wys vir hulle videos van ander tronke in die wereld, hulle sal verstom wees wat regtig in n tronk “Moet” gebeur.

Sarie van Niekerk ·

Wat my bedref verloor gevangenisse hul regte op enige voorregte en enige aanspraak om op ‘n spesifieke manier behandel te word die oomblik wanneer hulle in die tronk in stap – hulle moes daaraan gedink het voordat hulle misdaad gepleeg het. ‘n Tronk is daar om te straf nie ‘n vyf-ster hotel nie

Hennie van der Merwe ·

Maroela Media!
Op verskeie geleendhede is ordentlike kommentaar wat ek gelewer het, ook deur julle verwyder. Ek stem saam met die manne dat julle in ‘n sirkus ontaard het. Kry asseblief iemand wat bevoeg en gekwalifiseerd is om die sensorwerk te doen – nie iemand wat met sy persoonlike voorkeure emsionele besluite neem nie. Kry rigting asseblief!!!!!! Wat het geword van “mediavryheid”?

Helene Heyns ·

Maklike oplossing vir die tronk-gefrustreerdes. BLY UIT DIE TRONK UIT, of laat hulle werk as hul dan nie daar wil uitbly nie.

namibiaengel ·

Dalk is die doel van die swak toestande in tronke ‘n aanmoediging om minder misdade te pleeg, want niemand wil daar beland nie…!!! ha ha .. Wie weet?

Rene Venter ·

Weet julle die gevangenis het wragtig n cheek om eise te stel hel in ou tyd het gevangenes in tuine
op paaie en oral gewerk om iets terug te gee vir die samelewing waarvan hul gevat het.
Nou wil hul wragtig in n vyfster hotel lewe na hul geroof gemoor verkrag en wat nog als gedoen het
hoe de hel kry hul dit reg een van die dae is dit so lekker in tronke dat dit beter sal wees om binne te wees as buite jy kan verder studeer jy word bedien het n dak verniet oor jou kop en al wat mens hoef te doen is om nog n scheme uit te dink om weer tronk toe te gaan as jy vrygelaat word vir goeie gedrag.Waarheen is ons oppad die arme man wat verlede naweek voor sy famielie in sy eie huis vermoor is het nie eers soveel regte as die moordenaar wat in trunk sit of sal ons se hotel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.