Gevangenes se kuns by Grahamstad uitgestal

Een van die kore wat opgetree het Foto: The New Age

‘n Aantal gevangenes het hul kuns by die nasionale kunstefees in Grahamstad uitgestal, het die departement van korrektiewe dienste Sondag gesê.

“Deur musiek, poësie, kuns, kultuur, opvoeding, opleiding en vaardigheidsontwikkeling poog ons om oortreders in mense te verander wat ‘n positiewe bydrae sal lewer wanneer hulle vrygelaat word,” het Sbu Ndebele, minister van korrektiewe dienste, gesê.

Gevangenes het by die fees aan ‘n musiek- en dansopvoering, genaamd “Art behind bars” deelgeneem.

Ses musiekgroepe van verskeie tronke, insluitend jazz-groepe, ‘n marimba-groep, ‘n klassieke- en gospelgroep, en ‘n tradisionelemusiek-groep het aan die opvoering deelgeneem.

Kuns en handgemaakte voorwerpe deur die gevangenes in die Oos-Kaap is ook uitgestal.

“Ons sal hierdie programme gebruik om ‘n boodskap aan oortreders te stuur dat jy die tyd, wat jy in die tronk is, kan uitkoop,” het Ndebele bygevoeg.

Ndebele sal Maandag na New York vertrek om die Sing Sing-korrektiewe sentrum te besoek. Die doel van die besoek is om ‘n goeiepraktyk-model vir Suid-Afrikaanse tronke te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.