Gevangenes steek tronk aan die brand

Gevangenes in die Groenpunt-gevangenis in Deneysville in die Vrystaat het laat Maandagmiddag ʼn gedeelte van die tronk aan die brand gesteek.

Die departement van korrektiewe dienste het kort na middernag gesê dat mediese personeel probeer om by die beseerde gevangenes uit te kom. Onluste het omstreeks 16:00 Maandagmiddag by die gevangenis uitgebreek nadat gevangenes glo geweier het om te eet en dele van die tronk aan die brand gesteek het. Vier tronkbewaarders is in die geweld beseer maar is teen gisteraand uit die hospitaal ontslaan. Volgens die polisie is sowat 50 gevangenes beseer in ʼn stormloop toe die polisie die gevangenis vroeg Dinsdagoggend binnegegaan het. Konst. Peter Kareli, ‘n polisiewoordvoerder, het vroeg vanoggend bevestig dat die situasie terug na normaal is. Grace Molatedi, adjunkstreekkommissaris van korrektiewe dienste, sê die gevangenes se besware sluit onder meer die kwaliteit van voedsel in. Molatedi sê die departement sal hulle besware ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.