Gewapende man deur polisie doodgeskiet ná jaagtog

SAPDʼn Man is Donderdag deur die polisie in Volksrust, Mpumalanga doodgeskiet nadat hy en sy makker glo onder meer polisiebeamptes aangehou het.

Brig. Selvy Mohlala sê die polisie het twee mans in ʼn Audi sien ry, die motor se nommerplate nagegaan en vasgestel dit is vals. “Die polisie het vir die bestuurder gewys om die motor van die pad af te trek.” Mohlala sê die bestuurder het egter nie gehoor gegee nie en weggejaag waarna die polisie die motor agternagesit het. Die polisie het die motor later verlate langs die pad gevind en besluit om ondersoek in te stel. Die verdagtes het egter uit die bosse gekom en twee polisiebeamptes met vuurwapens aangehou. Hulle het die beamptes se selfone gesteel en met die polisievoertuig gevlug. Die rowers het hierna nog polisiebeamptes beroof. Mohlala sê boere in die omgewing het intussen ʼn vragmotor gebruik on die pad te blokkeer terwyl die polisie die rowers agternagesit het. “Toe die verdagtes gesien het die pad is geblokker het hulle ʼn u-draai probeer maak maar gesien daar is geen wegkomroete nie aangesien die polisie agter hulle was.” Mohlala sê die rower in die passasierskant het met ʼn AK47 uitgespring en op die polisie losgebrand. Die polisie het teruggevuur en die verdagte doodgeskiet. Sy medepligtige is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn. Mohlala sê die polisie het op vuurwapens, ammunisie, plofstof, balaklawas, handskoene, ʼn hamer en bedrading vir batterye beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

” …. Mohlala sê die polisie het op vuurwapens, ammunisie, plofstof, balaklawas, handskoene, ʼn hamer en bedrading vir batterye beslag gelê.” wat wou die mans met die doen?

Gelukkig het die polisielede die verskil gesien tussen skurk en betoger en die regte een doodgeskiet!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.