ʼn Man het Vrydag in die Nkandla-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens.
“Die 22-jarige man is Woensdag omstreeks 19:30 naby aan pres. Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem en hy het vier vuurwapens by hom gehad,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het in die hof verskyn vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en vir beweerde gewapende roof en moord.”
Die saak is tot 14 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek.
Polisie is darem skerp in Zuma se omgewing. Jammer dit gebeur nie oral in die land.
Jammer die ou was opgespoor en in hegtenis geneem!!! Hy wou ons dalk ‘n moewiese guns bewys!!
So ‘n treurige artikel….ek ween sommer.
Ek weier!!!!!