Gewapende roof by BFN-hotel

Die Lengau-hotel in Bloemfontein is vroeg Vrydagoggend deur ʼn groep gewapende mans beroof.

“Vyf gewapende mans met klapmusse het die hotel deur ʼn kelderdeur betree en weggekruip,” het kapt.Chaka Marope, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. “Drie was met pistole gewapen en twee met messe. Hulle het drie sekuriteitswagte en ʼn kassier aangehou.”

Na bewering het hulle die sekuriteitswagte beveel om op hul knieë op die grond te staan terwyl ander verdagtes die kasregister leeggemaak het. Hulle het met ʼn onbekende bedrag geld gevlug.

“Geen skote is gevuur nie, en geen beserings is aangemeld nie,” het Marope bygevoeg.

Die ondersoek duur voort.

Die polisie in die Vrystaat waarsku besighede om in dié tyd voor die feesseisoen aanbreek, uiters paraat te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.