Gewapende roof by Dunkeldwinkelsentrum, JHB

ʼn Gewapende roof het Dinsdag by ʼn winkelsentrum in Dunkeld, Johannesburg, in ʼn skietery tussen die sekuriteitsbeamptes en drie mans ontaard.

Kaptein Pinky Tsinyane sê niemand is in die voorval beseer nie, berig IOL. ʼn Man het glo die oggend homself as ʼn klant voorgedoen by die Dunkeld Fruit and Flowers-winkel in die Dunkeld West-sentrum, op die hoek van Bompas en Jan Smutslaan. Hy het die assistentbestuurder met ʼn vuurwapen geslaan en ʼn onbekende bedrag geld gesteel. Sekuriteitswagte het op die rower en sy twee makkers begin skiet toe hulle vlug. Die rowers het teruggeskiet voordat hulle in ʼn wit Toyota-bakkie weggejaag het.

Die polisie het ʼn 9mm-pistool op die toneel gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.