Gewapende roof by Edenvale-poskantoor

Die Edenvale-polisie is op ʼn toneel waar ʼn gewapende roof omstreeks 14:30 by ‘n poskantoor in Edenvale, Johannesburg, plaasgevind het.

Adjudant-offisier Jean Olckers, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “In die stadium kan ons nog nie te veel inligting bekend maak nie. Die polisie is nog besig om die toneel te ondersoek,” het hy gesê. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en dit is nie bekend of die rowers met enige kontant weggekom het nie.

Olckers het bevestig die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof. Na wat verneem word, is niemand in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.